Ja, jy het reg gelees: Excelsior Weddings & Functions het 'n splinternuwe troublog! Dit is die plek waar jy elke week ‘n nuwe artikel kan lees oor beplanningswenke, kreatiewe tafel- en dekor-idees en nog baie meer.
Almal weet hoe moeilik dit kan wees om besluite te neem oor al die elemente van ‘n troue. Venues, blomme, dekor, die spyskaart, fotograwe en DJ’s, tafelplasings… Elke paartjie se voorkeure verskil. Wat meer is, elke bruid ervaar op ‘n stadium daardie effe senuweeagtigheid wat met die beplanning van jou groot dag gepaard gaan.
Hierdie blog gaan die plek word waarheen jy kan kom vir raad, kreatiewe idees en waardevolle inligting oor die nuutste troumodes vandag. Ons deel ons eie wenke vir tafelversierings, maklike blommerangskikkings en oulike fotohoekie-idees. Verder gee ons ook advies oor hoe om jou ideale troudag te beplan, hoe om ‘n begroting saam te stel en selfs ‘n paar belangrike wenke vir strooimeisies.
Excelsior Weddings & Functions is ‘n trou-venue op ‘n plaas in Vleesbaai, in die hartjie van die Tuinroete. Ons het al ‘n groot verskeidenheid van troues op ons kerfstok sedert die eienaars die plaasstoor leeggemaak en in ‘n venue omskep het. Ons spesialiseer nie net in outentieke plaastroues nie, maar kan ook enige atmosfeer en tema wat jy in gedagte het, ‘n realiteit maak.
Hou gerus hierdie blog dop vir nuwe inskrywings elke week, en geniet ons gratis hulpmiddels oor hoe om jou perfekte dag te beplan.
Ons is ook as venue gelys op Confetti.co.za - gaan kyk gerus!
Foto's deur April & July Photography en Nadene Richter Photography.
댓글