top of page
IMG_20181004_105617.jpg

HANSIE & GRIETJIE PADSTAL

HG.png

Kom besoek gerus ons pikante plaas padstal vir heerlike ontbyt, middagetes en 'n ietsie soets. Hier pronk Klonkers se roosterkoeke en Pam se Calamari verseker as gunstelinge.

Die Padstal, ook geleë op Excelsior Plaas, is 6km vanaf EXCELSIOR WEDDINGS & FUNCTIONS. Hansie en Grietjie is verseker 'n moet stop oppad, na, of vanaf, jou troue of besoek aan die omgewing. Hier is alles van unieke handgemaakte geskenke, tuisgebak deur plaaslike legendes, 'n troetel dieretuin waar die jongspan plaasdiere kan voer, 'n kinder speelarea en het ons al genoem ons liplek lekker kos is 'n fees vir die oog. 

Kom loer gerus in en bestel iets vanaf ons ontbyt of middagete spyskaart of bespreek vir 'n driegang Sondagmiddagete. 

 

Besprekings by Pam: 082 215 7067

  • Facebook - Black Circle
  • TripAdvisor
bottom of page