top of page

Die plaas

Excelsior is 'n plaas net buite Vleesbaai, in die hartjie van die Tuinroete. 'n Skamele 30km vanaf Mosselbaai. Die boerdery bestaan al vir vier geslagte in die Fivaz familie.

Ontmoet die eienaars

Aan stuur van sake is Stoffel en Pam Fivaz. Stoffel is op die plaas gebore en boer al vir 40 jaar hier. 1 Januarie 1983 is alle trekkers en stropers uit hierdie einste skuur uitgetrek om plek te maak vir hul eie troue. Jare daarna het Pam haar innoverende kreatiwiteit begin rig om vir bruidspare 'n sprokies plaastroue te laat waar word. 

Stoffel & Pam Fivaz
      Plaaseienaar & Troukoördineerder

Die Skuur

Die skuur is volledig ingerig en kan tot 200 gaste akkommodeer (met 'n dansbaan). Pam en haar span het oor die jare 'n goeie reputasie opgebou deur spyseniering van hoogstaande gehalte te lewer wat almal se smaakkliere bevredig. Die dekor steek ook glad nie af nie en hou by die nuutste neigings.

Plaas gasvryheid, hoë kwaliteit diens, heerlike kos en pragtige natuurskoon.
bottom of page